
_VERVANG OU STOPSELS WAT KWIK BEVAT
![]()
Amalgaam stopsels is in die verlede gebruik - dit is die silwer/swart onooglike lelike stopsels gewoonlik op agterste tande. Amalgaam bevat kwik wat 'n giftige bestanddeel is. In normale gevalle is kwik molekules verbind met metaal molekules in die Amalgaam stopsels en in n gebinde vorm stel dit nie giftige stowwe aktief vry nie. Vir veiligheid en kosmetiese doeleindes sal dit die situasie verbeter indien die Amalgame vervang word.
![]()

![]()
