_PYNLOSE PROSEDURES

Tegnologie en tegnieke is gebruik om die besoeke so pynloos as moontlik te maak.

Toerusting deur Velopex Internasionaal maak gebruik van lug en water abrasie. Hitte word nie opgewek soos 'n konvensionele boorvoorbereiding nie. Tande kan skoon gemaak word sonder enige pyn sensasies!

Die Ellmans apparaat maak gebruik van radio golwe om sagte weefsel te sny. Volgens ons pasiënte se terugvoer is daar geen of baie min sensitiwiteit na die prosedure. Daar is ook nie enige bloeding tydens die prosedure nie.

Hierdie is 'n elektroniese lokale verdowingspomp wat die konvensionele inspuiting vervang. Die prosedure is effektief en pynloos.

 

Met die gebruik van 'n gekwalifiseer genarkotiseerder word die verdowwing proses geadministreer gedurende die prosedures in ons spreekkamer. Die Pasiënt is nie bewus van enige pyn wat moontlik plaasvind nie.

 

 

Relatiewe pynloosheid word bereik met distikstofoksied. Dit het 'n effense pynverdowings effek wat ook die pasiënt kalmeer. Sommige pasiënte voel of hulle wil lag wanneer dit geadministreer word, dus die rede dat dit lag gas genoem word.

 

 

Mikroskopiese vergroting word gebruik om die kwaliteit te verseker van tand afwerking. 'n Mikroskoop vergroot die tand dat selfs die fynste detail gesien kan word en sodoende kan die afwerkings en afronding baie presies uitgevoer kan word.

 

By 12smile het ons die nuutste digitale X-straal toerusting geïnstalleer sodat ons pasiënte so gemaaklik as moontlik is tydens die tydperk wat die X-strale geneem en ontwikkel word. Ons gly 'n klein digitale sensor binne jou mond wat dan dadelik op die rekenaar skerm gelaai word wat deur almal in die chirurgiekamer te sien is. Die digitale beelde wat soortgelyke is aan 'n X- straal kan dan vergroot en gemanipuleer word om die tand behandeling te ondersteun. Pasiënte kan sodoende n baie beter idee skep oor die probleem areas deur na n hoë resolusie skerm te kyk.

 

Die Binnemonds kamera laat jou as pasiënt 'n beter idee kry van wat presies aangaan in jou mond. Hierdie is 'n speelding wat tandartse gebruik om hulle trotse werk te wys en wat hulle gedoen het.

 

 

Nou kan jy ontspan en die sepie kyk wat jy gemis het, daai wedstryd op Loftus of selfs jou gunsteling animasie verhaal. Die iTheatre werklikheids bril is kompak , gemaklik en maklik om te gebruik.

 

By 12Smile streef ons na die beste diens en sodoende maak ons gebruik van draadlose telefoniese kopstukke om professionele bystaan aan kliente te bied.

English | Afrikaans

Kopiereg©2008 12smile.co.za