_SLEGTE ASEM

n Slegte asem is soos hoë bloeddruk - die slagoffer daarvan kan moontlik heeltemal onbewus wees daarvan. Die eerste ding wat jy jouself moet vra is - hoe weet ek dat ek aan n sleg asem ly? Die eerste metode wat jy kan probeer is om n regte eerlike vriend of familie lid te vra oor die kwaliteit van jou asem. Andersins kan jy jou hand oor jou neus en mond hou en normaal asem haal wat jy dan sal kan ruik. Dikwels word n slegte asem vergesel deur n slegte of bitter smaak in die mond. Wanneer jy met iemand gesels en hulle neig om weg te draai of terug te staan terwyl jy praat , mag dit n aanduiding wees van ? slegte asem!!

Daar is n paar redes hoekom slegte asem plaasvind en dit word voorgestel dat indien die probleem voortduur sal dit in jou beste belang wees om n afspraak te maak met jou tandarts vir professionele mondhigiëne advies.

Vervang jou ou tandeborsel met 'n meer effektiewe elektriese borsel.

Borsel deeglik op die korrekte manier om ontslae te raak van bakterieë.

Gebruik tandevlos behoorlik een keer 'n dag - elke dag.

Besoek jou tandarts gereeld vir die instandhouding en skoonmaak van jou tande.

Borsel jou tong of kry 'n tong skraper om jou tong daagliks skoon te maak.

Drink baie water om jou mond skoon te hou.

Volg 'n gesonde dieet..

Slegte asem word primêr beskou as 'n moontlike aanwyser vir meer ernstige mondverwante siektes. Daar is verskeie faktore wat 'n rol speel wanneer dit kom by n slegte asem slegte asem. Hier onder volg n paar voorbeelde waarom dit belangrik is om die probleem op te los :

Onvoldoende mond higiëne.
Lang periodes met n toe mond (bv. oggend asem).
Droë mond a.g.v mond asemhaling of medikasie.
Tong aanpaksel.
Veroudering.
Alkohol.
Geurige voedsels (soos knoffel).
Tabak.

Kanker.
Mond infeksies.
Candida.
Maagdermontsteking.
Nasaal.
Pulmonêr (brongitis, TB of kanker)
Systematies (dehydrasie, diabetes, koors, lewersiektes, leukemie)

 

 

Slegte asem kan 'n indikasie wees van 'n ernstige probleem - moet dit nie ignoreer of onderskat nie - vir jou eie ontwil en vir die om jou!!!

English | Afrikaans

Kopiereg©2011 12smile.co.za