
Vrees maak dit nie maklik vir die pasiënt om na die tandarts toe te gaan nie en dit maak dit moeilik vir 'n tandarts om te werk terwyl hy weet die pasiënt sal liewer stoei met 'n krokodil in plaas daarvan om in die stoel te wees.
Kinders is dikwels bang om na die tandarts toe te gaan en n negatiewe indruk van die klas neig om lank termyn persepsie te vorm. Baie volwasse pasiënte kan nog steeds beskryf hoe die tandarts hulle bang gemaak het toe hulle nog baie klein was. Ongelukkig sal hierdie vrees jou vergesel vir 'n leeftyd en vir daardie rede sal ek daarvan hou om in kort met jou te bespreek wat ons kan doen om te verseker dat jou kind nie 'n slagoffer van tandarts-fobie sal word nie.
As 'n ouer het jy 'n belangrike rol in die voorbereiding van jou kind vir 'n besoek aan 'n tandarts . Tandarts angste kan vergemaklik word deur net die volgende te doen :
Vertel jou kind dat dit belangrik is vir hom/haar om die tandarts te besoek in 'n kalm toon en sonder om jou kind angstig te maak. Jy kan dit ook vir hom/haar probeer vergelyk soos 'n afspraak met 'n haarkapster.
Kies 'n geskikte tyd van die dag vir die afspraak. Soms mag dit onproduktief wees om met n kind te werk wat baie moeg of selfs siek is.
Die aanvanklike afspraak moet kort gehou word om enige voorlopige en toekomstige vrees te voorkom.
As jy self 'n senuweeagtige tandarts pasiënt is moet jy probeer om nie jou angstighede oor te dra na jou kind nie. Vermy enige riller stories en hou hom/haar so kalm as moontlik.
Kies 'n tandarts span wat goed vir jou werk. Vind uit of hulle baie te doen kry met kinders en of daar n ontspanne atmosfeer is.
As die kind rustig voel met die tandarts span sal daar 'n goeie kans wees dat die kind nie angstig sal voel oor die ‘vreeslike’ tandarts toestelle nie.
Ek is 'n mond higiënes met 'n wat daarvan hou om met kinders te werk en die beste advies wat ek kan 'n ouer gee is om seker te maak dat jou kind 'n goeie verhouding vestig met die tandarts span voor 'n tand probleem voorkom.Neem jou kind vir "chair - ready’" afsprake reeds van 'n jong ouderdom af, om hom voor te berei.
Die doel van hierdie besoek is om jou kind te vergemaaklik met die tandarts span en omgewings.
Onder geen omstandighede sal die kind forseer word om enigiets te doen wat hy nie wil nie bv, as die kind weier om op die "GROOT STOEL" te sit sal ek hom enige plek laat sit waar hy gemaaklik is terwyl ek kyk na sy tande,maar ek sal ook wys hoe die stoel werk en belowe dat hy/sy enige tyd op die stoel kan sit wanneer hy gereed voel daarvoor.
Die kind sal ook die res van die omgewing gewys word en die gebruik en doel van die toerusting sal aan hom/haar verduidlik word met die klem op die belangrikheid van jou tande en hoe om na jou tande te kyk.
Net 'n vriendelike waarskuwing : die ma mag ge-ignoreer word sodat die kind en tandarts 'n goeie verhouding kan op bou en enige vrae wat die kind het beantwoord kan word.
Die kind sal altyd beloon word met 'n plakker of 'n speelding al was daar nie baie vordering nie,sodat die kind trots voel op homself en geen negatiewe konneksies maak nie.
Uiteindelik sal advies gegee vir die ouer oor verdere tuis versorging en dan sal die kind 'n opvolg afspraak gegee word.
DIE KIND SAL NET BEHANDEL WORD AS HY/SY VOEL HULLE IS GEREED - AL VAT DIT LANK!
As jy 'n kind se vertroue wen kan daar enige behandeling plaas vind sonder gesukkel,maar ongelukkig is die teendeel ook waar.
Voel asseblief vry om ons te kontak as jy enige verdere informasie kort oor tandarts verwante fobies by 011-706 1101 en vra vir CHRISTA
Ek hoop eerlikwaar hierdie sal jou en jou kinders 'n beter verstandhouding gee oor tandartse en hul span!
"Watch this space for handy tips and information
about adult dental phobia and how to deal with it."