
![]()
Wanneer ‘n mens natuurlike tande verloor is dit moeilik om die funksie en voorkoms daarvan te vervang. Implantate is effektief en ‘n alternatief vir afwesige tande. Kunsmatige tande is aangeheg aan ‘n metaal vlak wat permanent aan die kaak vasgeheg is. Die inplantings hou die kunsmatige tande net so stewig vas soos die natuurlike tande. 'n Implantaat is ‘n metaal silinder vorm wat in die been ingeplant word en die nuwe wortel van die afwesige tand vervang.
Bo-op implantate word kunstande of krone gewoonlik geheg met ankers Die proses met implantate behels verskeie stappe en neem ongeveer 3 tot 4 maande.