Quintus


Dalk was dit stres, of dalk net ‘n slegte gewoonte, maar vir jare het ek my tande so gekners dat dit af- en weggeslyt het. Dit het so erg geraak dat ek al hoe minder oopmond geglimlag het omdat ek selfbewus was oor my dreigende haasbek.

Gelukkig het my pad met die van Dr. Grove gekruis wat met baie geduld en vaardigheid letterlik my glimlag vir my teruggegee het. Ek smile nou breed soos die Toyota-hond, net met meer vrymoedigheid. Dit het my selfbeeld wondere gedoen, asook hoe mense my hanteer, omdat ek nou meer kan glimlag en vriendeliker oorkom.

Ek sal 1,2, Smile by enige iemand aanbeveel.


Did you like this? Share it!

0 comments on “Quintus

Leave Comment